vuurklip

Onmag
   Deel 1c
   Deel 2c (Vrye wil)
   Deel 3c
   Deel 4c
   Deel 5c
   Deel 6c (Sirkus)

      
chagall_05a.jpg sirkus

van buite kyk ons die ring in
ruik ons die vars saagsels
en soos 'n hond op 'n leeuspoor
snuif ons versigtig
die geur van die wilde dier

op die rand van ons stoel
balanseer ons
saam met die touloper
met sy paal wat weerskante
oor die afgrond hang

hansworse laat ons oopmond lag
en vir 'n oomblik vergeet
van die volgende dag
en dat ons toekyk
vanuit die donker nag

15 september 1998
chagall_08a.jpg
chagall.jpg   chagall.jpg
   
   

17-04-2026 07:29:33
page 98/2 count: 11
function if_ShowPage_00
version: 2025-11-22 09:50:34