vuurklip Onmag Deel 1c Deel 2c (Vrye wil) Deel 3c Deel 4c Deel 5c Deel 6c (Sirkus)
| | |
 |
sirkus
van buite kyk ons die ring in
ruik ons die vars saagsels
en soos 'n hond op 'n leeuspoor
snuif ons versigtig
die geur van die wilde dier
op die rand van ons stoel
balanseer ons
saam met die touloper
met sy paal wat weerskante
oor die afgrond hang
hansworse laat ons oopmond lag
en vir 'n oomblik vergeet
van die volgende dag
en dat ons toekyk
vanuit die donker nag
15 september 1998 |
 |
 |
|
 |
| |