vuurklip

Proteste
   Deel 1a
   Deel 2a
   Deel 3a
   Deel 4a

      

Proteste Deel 4

Skaduwees

By Sol se paleis
skyn die son
nooit in nie.

Sterligte flikker
teen sy plafon
maar doof nooit
uit nie.

Kristalwater klater
oor sy gemaakte klippe
maar droog nooit
op nie.

Koek-koek kuikens
kakel en snater vir silwer
maar word nooit
sat nie.

In Sol se paleis
heers die nag.

7 Oktober 1996
Sun City


skeiding

Duskant die Swartrivier
in die konsertsaal verskans
met Mozart,

die saal driekwart
vol, sit ons
gedrie, gevier
saamgekoek.

'n Wit kudde,
duskant die swart rivier.

12 julie 1997
tydens die Mozartfees in die Baxter


prokrastinasie

onvoltooide take
oorwoeker my
woning van voorhuis
tot kombuis

briewe half af
of nooit gepos
stories half gedigte
twiste steeds onopgelos

maar een groot taak
voltooi homself
en naas hom
maak niks nog saak.

4 desember 1997


emigrante

ons wou wegkom
uit hierdie land
van hondekak
op bloubergstrand

van korrupsie en geweld
die devaluasie van ons geld
plakkers wat steeds klippe gooi
en rommel in ons strate strooi
'n staat wat fél by elke kans
die aanslag lei op afrikaans

maar hierso in ons nuwe land
kak die honde
ook maar orals op die strand

dinsdag 20 april 1999


   
   

22-09-2025 02:59:52
page 72/ count: 187
function if_ShowPage_00
version: 2023-04-14 11:41:25