vuurklip Eie Werk Proteste Bestek Kontraste Onmag Politiek Nostalgie Kwatryne Ravage Hubris Pa Religie Vuurklip Foto - 1947
| | | vuurklip
In die harde koudheid
van 'n ou vergange voortyd
moes ons uit chert
die vlyme vorm
vir jag met spies en pyl.
En met die kap van klip
het daar 'n vuur gespat:
'n vlam
wat deur swaartekrag
se bande brand
om so 'n pyl van vuur
op ver planete
te laat land
| |