Politiek Deel 1
die anc grootbaas mbeki
hou glad nie van boere wat treki
ons moet net hard werk
die staatskas versterk
en verder net hou onse beki
2 junie 1999
die woordryke ou mangosuthu
is lank reeds gespeen van sy putu
maar praat sal hy praat
van vroegdag tot laat
'n woordvloed selfs waardig van tutu
7 mei 1999
ou generaal konstand viljoen
weet glad nie meer wat om te doen
want al die gepraat
het hom niks gebaat:
en sy Volkstaat kan hy koebaai soen!
18 mei 1999
'n haantjie genaamd tony leon
se liggie skyn helder soos neon
hy raas en baklei
om sy sin te kry
maar wen sal hy nooit in 'n eon
7 mei 1999
die jonge marthinus van schalkwyk
wil graag in klippe 'n bars kyk
maar jy sal lank soek
in daardie kortbroek
na iets wat nog steeds soos 'n ... lyk
(vul maar 'n woord van jou keuse hier in)
7 mei 1999
'n beswaarde kalant van Orania
skop teen die naam van Azania
hy sê: met daai naam
stem ek glad nie saam
nog beter sal wees: Ossewania
24 april 1997
|