vuurklip

Onskunnig
   Deel 1e
   Deel 2e
   Deel 3e
   Deel 4e
   Deel 5e

      

Onskunnig Deel 4


De vrouw van een visser uit Lisse
die zag haar man gaarne uit vissen.
    Ze had dan veel lol
    met buurman Jan Bol:
"Met Jan hier zal ik hem nooit missen !"

desember 1995



die hupse en hubare wilma
se vir haar ma: ja ek wil ma
    ek wil wel trou
    maar nie met daai ou
want hy laat my net ril en gril ma!

3 november 1995



Literêre Limeriek I

as die nooi van jan spies
aan hom vat wil hy nies
    sy sê dis te gek
    van nou af vat ek
alleenlik aan abraham de vries



Literêre Limeriek II

die nooi van jan spies
sê: nou moet jy kies
    wat wil jy maak
    as ek aan jou raak
wil jy vry of wil jy net nies?



Literêre Limeriek III

as die nooi van jan spies
aan hom vat wil hy nies
    sy sê: hierdie week
    probeer ek vir freek
miskien doen hy meer as jan spies!



daar was 'n mooi nooi van goudini
sy dra tog te graag 'n bikini
    dit pas lekker styf
    om haar mollige lyf
dat jy net 'n klein bietjie nie sini



met 'n botteltjie jc le roux
en 'n nooi wat sê: ag kom nou bed toux
    sê ek: dankie, maar nee
    want na 'n glasie of twee,
word ek vaak, en my ogies val toux



'n stoute jong kêrel van stanger
se nooi raak toe eendag heel swanger
    sy sê toe: ou ding
    gaan koop nou die ring
want ek kan nie veel langer aanhanger!


 

   
   

19-04-2024 08:05:39
page 24/ count: 2
function if_ShowPage_00
version: 2023-04-14 11:41:25