vuurklip

Nostalgie
   uitkyk
   sederberg sleeppad
   Stiltes
   skemer
   ewige meeue
   spore
   tafelberg I
   tafelberg II
   Geologie
   Gister

      

Stiltes

Ek hoor duisendpoottreine
Skaars hoorbaar oor onsigbare wissels;
vlinders gevang in silwer seine
gespan tussen sadende dissels.

Die kind hoor weer hoe treine stoom;
vliegtuigskroewe die lug deurboor;
stemme redekawel oor water in die voor.
Die terugkeer is 'n nog ongedroomde droom.

Dan, oorkant die vallei:
'n Haan wat kraai,
dit dwing my terug,

en met die tussenspel verby
is die stilte verraai
en die herinnering nog net 'n sug.


   
   

17-04-2026 07:33:56
page 106/1 count: 60
function if_ShowPage_00
version: 2025-11-22 09:50:34