vuurklip

Onmag
   Deel 1c
   Deel 2c (Vrye wil)
   Deel 3c
   Deel 4c
   Deel 5c
   Deel 6c (Sirkus)

      

dans

die lewe is bloot
'n dans met die dood

van bakermat
tot sterwensbed
dans ons
cheek to cheek

die vraag is net:
hoe lank duur
nog die musiek?

1 september 1995
na herman van veen
Blaue Flecken


free lunch

niks is verniet
geen ete op die middaguur
is sonder prys

selfs die son se lig
kom met sy eis
as op die duur
elke woekerende sel
op die eens so gawe vel
tentakelspore wys

by afrekening
blyk niks verniet nie
bloot tevergeefs

16 november 1995



meesterplan

'n brose huis
met arms, bene, 'n brein
kos aan een kant gebuit
kom geloogd anderkant uit:
bloot 'n buis!

die patroon in dna gebed
deur mitose voortgeset
'n oer-bloudruk
vroeg deur annelide-
en ander wurms beset

sónder aanhangsels oorleef
hulle alle katastrofes.

sal óns?

26 desember 1995



janus

my lag
lê kort duskant
my huil

die een se grimas
gaan agter
die ander een skuil

10 augustus 1999


 

   
   

21-06-2025 07:27:36
page 97/ count: 176
function if_ShowPage_00
version: 2023-04-14 11:41:25