vuurklip Onmag Deel 1c Deel 2c (Vrye wil) Deel 3c Deel 4c Deel 5c Deel 6c (Sirkus)
| | | eiland
'n eiland alleen
in 'n stille oseaan
meeue krys omheen
soms, net soms die son
voor dit nogeens reën
1 augustus 1993
drenkeling
donker waterstroom
swart nagmerriedroom
fokken moer
swem dôner
hy spoel jou af
'n skip sonder roer
waarom haal jy uit
en spartel jy nog
want al haal jy die see
uiteindelik versuip jy tog
23 februarie 1990
chimera
in my brein
het ek 'n model
'n multidimensionele
van my hede
my verlede
en my eventuele hel
maandagaand 10 januarie 1994
ruimte
sedert die begin
sprei die kosmos
onverpoosd uit
raak immer meer
uitgebreid
die somtotaal
van massa
en energie
bly konstant
slegs swaartekrag
lê tussen ons,
die eilande van sterre,
en die ewig uitdyende niks
28 julie 1995
| |