meganistiese heelal
swaartekrag verbind
alles en almal...
as ek met my vuis
woedend op die tafel slaan
of moedeloos dronk
op die grond neerslaan
eggo dit deur
die ganse heelal
10 mei 1993
beskikking
ons word gebore
op 'n bepaalde plek
en tyd, maar
die keuse waar
of wanneer
is geeneen beskore
vroeër of later
vra jy jou af:
wat maak ek
op hierdie godverdomde plek?
10 mei 1993
onvermydelike
immer stry
ons teen die dood
maar hy bly
ons steeds naby
soos siekte en soos nood
en ons dagelikse brood
maandagaand 17 mei 1993
bergrede
salig is die armes van gees
aan julle behoort die ryk van god
salig is die hongeriges
julle sal versadig word
salig is julle die onderwerp van haat
as mense julle afsonder en smaad
en julle naam verwerp as kwaad
lukas 6: 20 - 22
-------------------------------------------
salig is die armes aan geweers
julle het bloot die ander wang
om te draai teen wil en dank
maandagaand 17 mei 1993
BIJBEL
DAT IS DE GANSCHE HEILIGE SCHRIFT
BRITSE EN BUITENLANDSCHE BIJBELGENOOTSCHAP
TE LONDEN
1904
|