vrye wil I
sou die pion
as hy kón
'n ánder skuif maak
as dié van die hand
wat hom raak?
donderdagaand 16 april 1993
What really interests me is
whether God had any choice
in the creation of the world
Albert Einstein
vrye wil II
die lewe draai
om die denkbeeldige spil
van die illusie
van die vrye wil
10 mei 1993
vrye wil III
lewe word gegee
sonder dat ons
dit gevra het
later word dit áfgeneem
dikwels voor ons
dit leer dra het
en soms ...
gee ons dit vrywillig af
wanneer dit
te veel gevra is
vrydagaand 10 junie 1994
die duminy boeties het in 'n sandtonnel
omgekom toe dit op hulle ingestort het.
hulle was onderskeidelik
ongeveer 4 en 5 jaar oud
Die Burger
|