vuurklip

Kontraste
   handelinge
   teen die tyd
   rekenaar
   was

      

teen die tyd

as ek my gesig
in my hande hou
voel ek my skedel
om my oë vou

die harde skedelbeen beskut
sagte weefsel binnekant
teen stamp en stoot

maar teen die tyd se grofgeskut
is denke en verstand
weerloos en ontbloot

en voor die brein se tabernakel
hol en droog begrawe lê
is leeggestroop en afgetakel
liefde, lus en herinnering


 

   
   

21-06-2025 07:25:45
page 90/ count: 175
function if_ShowPage_00
version: 2023-04-14 11:41:25