vuurklip Kontraste handelinge teen die tyd rekenaar was
| | | handelinge
wyse manne kom van ver
elk gelok deur 'n skitter blink ster
te voet per trein die reis is swaar
hul bethlehem is die ok basaar
vol afwagting kom hulle nader
kyk! die kind is krismis vader
'n bloedrooi mantel en vals wit baard
is dít die drag vir hemelvaart?
1 desember 1989
in goewermentslaan
| |