vuurklip

Bestek
   Deel 1b
   Deel 2b
   Deel 3b
   Deel 4b

      

Bestek Deel 4


skoene

skoene in die klerekas
onder onpaar hangers
met hemde en broeke,
'n ongewilde das

hulle is
by die trap
van jou tone
en jou lewenspatrone
onmiskenbaar
aangepas

21 september 1995


overhead

die onderdele
van my lyf
prut en klop
verteer en verweer

verduur siekte
honger en pyn
stu gedagteloos voort

'n moerse overhead
ter wille
van 'n selfbewussyn

23 oktober 1995


oorvloed

tegnologie isoleer
liggaam en brein
van die oeroue
leed, siekte en pyn

antibiotika en pille
besweer ons vrees
vergroot die gaping
tussen mens
en menswees

bring jou toegelate
three score and ten
nader aan die soveel
honderd van metusalem

maar hét ons iets
aan soveel tyd?

1 november 1995


tuinier

daar is soveel
nog te doen
in hierdie tuin

ek stry vergeefs
teen al die groen
van klimop, gras
en opslagkruid

my kruietuin
van marjolein
en roosmaryn
is reeds verswelg

self gaan ek ten gronde
deur molle bedolwe
en oor alles groei weer gras.

Petrus I.24
10 november 1999
Brahms  - Deutches Requiem: Denn alles Fleisch es ist wie Grass


 

   
   

21-06-2025 00:02:50
page 76/ count: 44
function if_ShowPage_00
version: 2023-04-14 11:41:25