vuurklip

Proteste
   Deel 1a
   Deel 2a
   Deel 3a
   Deel 4a

      

Proteste Deel 2

nalatenskap

in talle donker
hole en gate
krioel en konkel
bleek burokrate
en na hulle vernoem ons
lughawens en strate

hulle nalatenskap
is kortstondig en nóú
maar wie sal hulle name
in die toekoms onthou?

sondagoggend 9 augustus 1992
(Die Rebellie van Lafras Verwey deur Chris Barnard)


tweespalt

die son dring ons lywe in
op noordhoekstrand
inkomende water oorwin
meer en meer sand

ek word besit
deur hierdie land

maar my wortels
is in anderland

sondag 14 februarie 1993
Red Herring


vergeet

soetwyn o soetwyn
maak my hartjie skoon en rein

soetwyn soetwyn
nog 'n dop verdoof die pyn

hanepoot hanepoot
blaas my met jou bokhaelskoot

muskadel muskadel
die dood bevry my van die hel

hanepoot o hanepoot
die lewe is net vir die dood

11 januarie 1990


sielkundige

kom dokter
kom kyk na my
kyk lank kyk diep
ontleed en sny
met jou skalpel
vlek die lae van my gees
wat skuil daar onder
tussen gargoyles
an ander spoke
van my hel.

sien jy vir my ...
of is dit jy?

23 februarie 1990


tv waarheid

die tv venster fokus
op 'n wereld
waar helde goed,
heldinne mooi,
en boewe gebreek is

maar in hierdie wereld
word heldinne verkrag
slaan helde op vlug
en is die boewe baas

29 april 1990


insulasie

die yuppie settle ongeërg in
op bloubergstrand

handdoek uitgesprei
teen die see se sand

raybans olie en pet
teen die son se brand

en die water
met die son se skerp glans
is tussen hom en die tronk
op robbeneiland

valentyn
sondag 14 februarie 1993


   
   

21-06-2025 06:30:04
page 70/ count: 151
function if_ShowPage_00
version: 2023-04-14 11:41:25