vuurklip Ander Limerickmakers Karel van het Reve Tineke Mols Tom Larney Frank Snyckers Gert de Beer Erhardt Korf Geoffrey Chew
| | | Geoffrey Chew
Oor Joop se lim'rieke vandag
Het almal hier baie gelag.
Sy rympies met "nies"
is dalk bietjie vies,
maar uit Ikeys wat kan mens verwag?
As digters staan Dullaart en Snyckers
Bo almal as woord'skatverrykers.
Foeitog, die plesirus
Soos Heinekenbirus --
Aldrie sanctumsanctorumbereikers!
11 mar 1996
Rekenaar virus
Wil jy weet of 'n katjie 'n tirus?
Of miskien of 'n sprinkaan 'n mirus?
Ooreenstem hul genes?
Gaan tel of dit één is,
Of twee is, of drie is, of virus ...
11 mar 1996
| |