vuurklip Ander Limerickmakers Karel van het Reve Tineke Mols Tom Larney Frank Snyckers Gert de Beer Erhardt Korf Geoffrey Chew
| | | Frank Snyckers
POSLYS-BLUES
Daar was 'n klomp Boere en Kase
Wat op soek was na poslys-ekstase,
Maar apartheid se spook
Hou die pot aan die kook
Met 'n smagting na base en klase.
Ondertussen kom Kitch'ner se virus
Om te slag onder almal wat hirus:
Oor 'n aarde wat skroei
Word die Boervolk geboei
En drink alles wat wynus en bierus.
Daar's 'n paar wat oorleef en nog rondsweef,
En manmoedig mekaar probeer aankleef,
Maar die kakies se virus
En die wyn wat nog hirus
Is te sterk vir die poslys se lankleef.
| |