vuurklip Ander Limerickmakers Karel van het Reve Tineke Mols Tom Larney Frank Snyckers Gert de Beer Erhardt Korf Geoffrey Chew
| | | Tom Larney
Kanada, Paraguay, Oz
is lekker juis en because
hul Afrikaans nog wil wees,
steeds die poslys wil lees,
maar die res van ons agter kan los!
19 maart 1996
Die matematiese chi gamma pi
en teologiese filo so fie,
met diskussies daarby
wat tot hewigheid lei,
dryf die poslys tot kakofonie.
28 feb 1996
Om Afrikaners oor een kam te skeer
is onverantwoordelik, en seer
ongewens, en nog
verkeerd ook, maar tog
makliker as probeer te sorteer.
23 jan 1996
Jy kan smeer, jy kan spuit, jy kan verf
om te keer teen die kruipend' bederf,
maar vroeër of later,
hoe later, hoe kwater,
kom die ouderdom sit aan jou nerf.
die waarheids kommissie:
Oor apartheid en dies meer se naarheid
gaan sewentien soek na die waarheid.
Om die wonde te salf
is 'n jop en 'n half -
die pad na bedaarheid's vol swaarheid!
30 nov 1995
Zeg, Joop, dit is gaaf jy's weer terug
om jou menings poëties te lug.
'n Kwinkslag, 'n rym
is al deel van jou fame -
jy's genadiglik nog nie berug!
10 jan 1996
| |