Kringloop
Dae volg mekaar
Soos krale in 'n rosekrans.
Eentonig met "Onse Vaders"
Wat in die Hemel is.
Die eentonigheid onderbreek
Met "Wees gegroet Marias"
En bede vir bystand
In ons laaste uur.
'n Onverbiddellike kringloop
Waar die eindpunt saamval
Met die begin: Want stof is jy
En tot stof sal jy terugkeer.
©vuurklip
9 Augustus 2020
|