vuurklip

Onskunnig
   Deel 1e
   Deel 2e
   Deel 3e
   Deel 4e
   Deel 5e

      

Onskunnig Deel 5


die fluitende willem van tonder
laat alle musiekmakers wonder
    of dit beter sal klink
    al mag dit dalk stink
as hy fluit deur die gaatjie van onder!



ek raak al hoe benauder
dus ek smeer estè lauder
    ek probeer elke trique
    van olay tot clinique
maar steeds lyk en auder en auder!



'n onskuldige nooi van Welgelegen
was van kleins af al heel verlegen
    maar toe kom daar 'n heer
    wat haar alles kon leer
en van toe af was sy, welgelegen



'n jongeling kom van glendarrach
maar hy knip 'n uiltjie elke mirrach
    sy baas word toe kwaad
    en hy smyt hom op straat
wat te errach is is mos te errach!



daar is iets wat ek haat
van daai "man op die straat"
    wat gaan stap met sy hond
    hom laat k*k op die grond
en dan word hy nog kwaad as jy praat!



die manne van oz
gooi 'n klip in die boz
    sê hoe hulle verlang
    na koo en blatjang
en stywepap braaitjops en woz



die alomgevreesde jong lomu
bring alle teenstand mos grondtu
    maar die manne hou vol:
    hy gaan aftjop teen small
en saterdag gaan hy self grondpru!



sêra madêra
kom van heel vêra
    en as jy dalk wonder
    wat maak haar besonder
dan kyk jy maar na haar stêra



Een internetfreak uit Tervuren
had zoveel ie-meeltjes te sturen
    dat hij zijn PC
    meenam naar 't WC
een boodschap kan toch zo lang duren!



'n deftige vrou in reklame
eis: "noem my nooit me en nooit dame
    nie tante of juffrou
    nie niggie of mevrou
want ek's 'n mevrou, 'n vername"!


 

   
   

21-06-2025 01:50:59
page 25/ count: 82
function if_ShowPage_00
version: 2023-04-14 11:41:25