vuurklip

Onskunnig
   Deel 1e
   Deel 2e
   Deel 3e
   Deel 4e
   Deel 5e

      

Onskunnig Deel 3


die inverse cheshire-se kat
raak moeg vir die wereld en sat
    hy verdwyn op 'n dag
    met sy stert en sy lag
en al wat oorbly is sy gat!

30 augustus 1996



Een vlijtig student uit Bonheide
vermijdt uit principe de meiden.
    Tot zijn predikaat
    blijft hij celibaat:
Mag dan weer de meiden verleiden!

21 junie 1996

 



Ons praat alweer oor Evolusie,
is dit waar of 'n illusie?
    Van apestam uit die bomekruin?
    Deur God geskep in die Edentuin?
'n Wenresep vir die ewige rusie ...

4 junie 1996



'n broertjie dood, het die boere-nasie
aan 'n sekere wiskundige operasie
    dit maak hulle moerig
    en o! so oproerig:
differensiasie ja! maar NOOIT integrasie!

28 februarie 1996



daar wys die bafana bafana
die arme manne van ghana
    met drie doele teen geen
    in die voorlaaste been
wie's die klaas en wie is die bwana!

1 februarie 1996



daar was 'n man van kiepersol
só skeel dit kan jou bloed laat stol
    toe eens op 'n dag
    het hy só gelag:
die trane het by sy rug afgerol!

26 januarie 1996


 

   
   

21-06-2025 01:36:35
page 23/ count: 71
function if_ShowPage_00
version: 2023-04-14 11:41:25