vuurklip

Onskunnig
   Deel 1e
   Deel 2e
   Deel 3e
   Deel 4e
   Deel 5e

      

Onskunnig Deel 2


'n aktivis met die naam pieter
is van elke opmars 'n genieter
    tot bokhael hom raak
    op 'n plek wat saak maak
en nou werk sy ding soos 'n gieter!

10 februarie 1997



die vrou se naam is anmarie
en hoe gewild is dié vrou nie!
    dis toe te skryf
    aan dáárdie lyf
waar pleks van twee sy spog met drie!

6 februarie 1997



die mooie lieftallige lenie
wil niks van haar lyfie weggee nie
    maar manne hou moed
    van haar mond tot haar voet
is daar niks wat sy nie sal uitlenie!

17 januarie 1997



'n ou man van Veertien-riviere
het vreeslike las van sy niere
    by elke pissoir
    sê hy ek pis swaar
dit het ek nou van te veel biere!

10 januarie 1997



daar was 'n ou man op De Aar
sy blaas is so vol hy voel naar
    hy kla steen en been:
    ag waar moet ek heen
is daar op De Aar 'n pissoir?

10 januarie 1997



die oubaas is ons groot indoena
'n vryer en 'n bobaas soena'
    maar deesdae wei hy
    in 'n ander kontrei
want da' is die Graça mos groena'

1 oktober 1996


 

   
   

21-06-2025 02:20:59
page 22/2 count: 102
function if_ShowPage_00
version: 2023-04-14 11:41:25