Onskunnig Deel 1
'n Sekere vrou van Buccleugh
Heel danig en how-do-you-do
Maar toe los die hond
'n Ding op die grond
En kyk nou wat plak aan haar shoe!
22 junie 2000
Daar was 'n jong nooi van die Baai
Op twee plekke so swaar gelaai
Dat geen bra wou pas
En dis so 'n las
Dat sy nou maar los moet rond swaai!
30 November 1999
Een zwoel zangeresje uit Rijen
had heel mooie borsten en dijen
maar toch zong se graag
in Gent en den Haag
en wilde met niemand dus vrijen!
13 februarie 1999
die Broeder sê: Suster, kom nader
dat ons twee intiem kan vergader
trek uit jou habyt
dit is hoogste tyd
om te vorder tot Moeder en Vader!
13 junie 1997
'n relativis van Clocolan
vind dat die tyd veel te vinnig om gaan
hy reken dis wys
om teen ligspoed te reis
want dit is mos hoe klokke gaan staan!
11 april 1997
die Aussies boul ons manne uit
ons tjank nou lat die trane spuit!
maar liewe maat
daar is mos raat:
ons kry maar net vir Louis Luyt!
5 maart 1997
|