vuurklip

Nostalgie
   uitkyk
   sederberg sleeppad
   Stiltes
   skemer
   ewige meeue
   spore
   tafelberg I
   tafelberg II
   Geologie
   Gister

      

Gister

Daar is 'n verre land,
'n Land van lief en leed,
Waarvan ons veels te veel onthou,
En bitter min vergeet.

Daar is 'n verre land,
In ruimte en in tyd,
En soveel wat ons daarin doen,
Lei net tot selfverwyt.

Daar was 'n verre land,
'n Land met net ons twee.
Na elke uur wat ons daar was,
Is daar nog steeds heimwee.

Daar is 'n verre land,
'n Land van spieëls en glas,
Die stempels in ons paspoort wys,
Dat ons eens burgers was.

Na daardie verre land,
Bestaan geen roete meer,
Paspoort en visum het verval,
En daar is geen terugkeer.

7 januarie 2008


   
   

21-06-2025 05:37:40
page 209/1 count: 132
function if_ShowPage_00
version: 2023-04-14 11:41:25