vuurklip

Afrikaans
   Peter Blum
   Boerneef
   Carol Clark
   TT Cloete
   Clinton V. du Plessis
   Louis Esterhuizen
   Elisabeth Eybers
   Ingrid Jonker
   AD Keet
   Olga Kirsch
   DJ Opperman
   SJ Pretorius
   Veralda Schmidt
   Adam Small

      
Adam Small
uit Kitaar my Kruis
HAUM 3e druk 1975

DOEMANIE

'n Proefiet van Jesus djý?
'n proefiet?
djy moet djou palys-hys
djy moet djou aeroplane-motorkar
djy moet daai kamma sêd smile van djou
en djou tears
en djou woerewarra op die pulpit
moet djou skorrelsvol braai-atappels en -vleis?

djou hys 'n woestyn? nou sal mens djou verbeel!
en hoe lyk dit met jou kale pote vi' daai streamline ding
en hoe lyk dit djou toega vi' die vel van 'n kameel
en hoe lyk dit moet daai skorrelsvol vi' sprinkane en wille hiening?




DIE HERE HET GASKOMMEL

Lat die wêreld ma' praat pêllie los en vas
'n sigaretjie en 'n kannetjie Oem Tas
en dis allright pêllie dis allright
ons kannie worry nie

'n sigaretjie en 'n kannetjie Oem Tas
en 'n lekker meid en lekker anner dinge
oe!
lat die wêreld ma' praat pêllie los en vas
wat daarvan
wat daarvan
wat maak dit saak
soes die Engelsman sê it cuts no ice
die Here het gaskommel
en die dice het verkeerd geval vi' ons
daai's maar al

so lat hulle ma' sê skollie pêllie
nevermind
daar's mos kinners van Gam en daar's kinners van Kain
so dis dis allright pêllie dis allright
ons moenie worry nie
   
   

21-06-2025 02:36:06
page 159/7 count: 108
function if_ShowPage_00
version: 2023-04-14 11:41:25