vuurklip Afrikaans Peter Blum Boerneef Carol Clark TT Cloete Clinton V. du Plessis Louis Esterhuizen Elisabeth Eybers Ingrid Jonker AD Keet Olga Kirsch DJ Opperman SJ Pretorius Veralda Schmidt Adam Small
| | | Olga Kirsch
uit Nou spreek ek weer bekendes aan,
'n keur uit haar werk
Vir my was jy die bron van alle krag
Een somerdag aan tafel skuif die mou
hoog oor jou sonbruin vel en ek aanskou
jou ronde boarm, bleek en bloot en sag
en ek begryp hoe listig is die dood
en trane het gemengel met my brood.
Die volgende paar gedigte is uit Geil Gebied
(Human en Rousseau 1976 - eerste uitgawe)
Nou spreek ek weer bekendes aan:
Sluit ek my oë, sien ek weer
die oë vriendelik-spottend, teer
wat my herken; my stem nie meer
geluid wat in my hoof vergaan,
uitroepe in 'n klankdig sel
maar soos van een wat stil vertel:
jy was nie tuis toe ek jou bel.
My lewe sal gesplete bly:
Groen stamme, as die byl hul kap
kerndiep, sal nooit weer heelheid kry.
Maar aan die staallem klewe sap.
Die nag was droom op somber droom.
Vroeg-oggend staan ek, swaar en loom
van liggaam, op en klee my aan.
Ook die verdriet het opgestaan.
Saam is ons stad toe. Ongeërg
geleun teen winkelvensters verg
hy streng verdubbeling van die leed
vir elke oomblik van vergeet.
Hy het die ete opgedis,
hy't reels en bladsye uitgewis.
Dalk sal hy altyd by my wees -
'n stram geraamte in die vlees.
'n Trein se huilstem protesteer,
die nanag ruk spitshaar orent.
Waar swewe hy, gevreesde heer
van al wat leef, waar stryk hy neer,
wag hy in duister hinderlaag?
Die donker is 'n hart wat jaag.
Die luik se ribbes steek geprent
skuins oor die bed se voetenent.
| |