vuurklip

Afrikaans
   Peter Blum
   Boerneef
   Carol Clark
   TT Cloete
   Clinton V. du Plessis
   Louis Esterhuizen
   Elisabeth Eybers
   Ingrid Jonker
   AD Keet
   Olga Kirsch
   DJ Opperman
   SJ Pretorius
   Veralda Schmidt
   Adam Small

      
Clinton V. du Plessis
Uit: Curriculum Vitae, 1988

alive (and kicking):vir janet mayes

ek leef van witbrood & skyfies
my tone roer in my sandale
ek waai die vlieë weg van my gesig
ek skryf nog af & toe 'n goeie gedig
my oë reageer op veranderings in ligsterkte
my neus loop as ek verkoue het
as ek dink
raak ek stil en my brein funksioneer minimaal
as ek loop beweeg my voete
as ek koudkry kry ek hoendervleis
as ek die kraan oopdraai loop daar water uit
daar vloei bloed in my are
my hart klop sonder opgaaf van redes
my lippe reageer op impulse van die brein
as ek slaap sluit ek my oë
as ek droom skrik ek wakker
as ek skryf verskyn letters op papier
ek leef
digteendiedood.

Janet Mayes is in 'n sogenaamde Acid House-klub in Brittanje dood nadat sy twee tablette Xtacy gesluk en op die diskovloer ineengesak het (Naweek, bylae tot Oosterlig, Vrydag 18/11/1988)




credo van 'n anachoreet

skryf my naam op die binnekant van jou hand
& glimlag vir my
soos 'n verliefde skooldogter
& bloos vir my
tel die ongeskrewe verse op my lippe
& glo in my
bêre my bundels op jou boekrak
langs jou bed
& onthou my
dra my tekkies & oorhangtrui
& dink aan my:-
want reeds het die langbeensomeraande gesterf
in die krom skadu's van die herfs.

Uit: geloofsbelydenis van 'n kluisenaar, 1984




simfonie

luister
na my hartklop
hortend teen jou skulp-oor

luister
na my angs
gebondel tussen jou bakhande

luister
na die stilte
hurkend teen die plafon

luister
na die dood
polsend in my are




declaration of intent

ek
sal nie meer/
weer/
die sin in alles soek
waarom ons bv. lewe
in drie by drie meter
eenslaapkamerwoonstelle
van roereiers en kitskoffie
ek sal hier binne bly
plegtig geklooster
tussen konstellasies verse
onder ongepubliseerde/
gekritiseerde/
manuskripte
hiberneer
leef van die leë omhulsels
van woorde
want dis sinneloos om te soek na dooie waarhede.




clinton v du plessis: evangelis van die nihilisme
http://www.sun.ac.za/afrndl/tna/972/Renders.html
gatsak-gedigte:cradock
it's hip to be afrikaans
   
   

21-06-2025 01:22:50
page 151/7 count: 61
function if_ShowPage_00
version: 2023-04-14 11:41:25