vuurklip Afrikaans Peter Blum Boerneef Carol Clark TT Cloete Clinton V. du Plessis Louis Esterhuizen Elisabeth Eybers Ingrid Jonker AD Keet Olga Kirsch DJ Opperman SJ Pretorius Veralda Schmidt Adam Small
| | |
Carol Clark
uit Tjienkerientjiee se oog is swart
Tafelberg-Uitgewers Bpk 1994
Lamentasie van die huisvroue
Ons is gatvol
vir die drek
van elke dag:
Soggens as ons tuin natlei
tel ons landmyne op
van kinders en bure
se troeteldiere.
Teetyd was ons
modder sweet bloed en ghries
uit die klere
van mans en kinders
en bybieskyt
uit doeke.
Teen middagete
pik ons oorskiet op
uit die borde van diegene
wat weier om hul monde te sit
aan spinasie pampoen viskoekies -
druk dit in ons kele af
want ons mag nie mors nie.
Snags
ontvang ons die semen
van 'n reeds oorbevolkte wêreld
en as die mans eers snork
gaan ons diskreet
douche in die donker
| |