vuurklip

Religie
   erfsonde I
   erfsonde II
   uitverkorene?
   vooroordeel
   gebed
   voltooiïng
   na sý beeld

      gebed

biesie biesie bame
god vou sy hande same ...


kind:
o god! ek is 'n kindjie klein
o heer! neem weg die hongerpyn!
gee my vandag 'n stukkie brood
of maak my liewers vinnig dood
my hartjie ís al skoon en rein
vir sonde is my nood te groot


biesie biesie bame
god slaan sy hande same
en saggies sê hy ame

september/oktober 1990

   
   

21-06-2025 06:24:08
page 144/2 count: 148
function if_ShowPage_00
version: 2023-04-14 11:41:25