vuurklip Religie erfsonde I erfsonde II uitverkorene? vooroordeel gebed voltooiïng na sý beeld
| | | erfsonde I
waar loop ons die pad byster
hoe ver terug moet ons die oorsaak soek
waar lê die begin van die einde
of lê die einde reeds ín die begin
soos wat die dood reeds
ín die fetus opgesluit lê
immers word die geraamte
van die ou man reeds
netjies verpak afgelewer
met ovum en sperm
as ons verder terug soek
na die einde se begin
dan stop ons tog uiteindelik
by dié Een wat die ruimteklok
opgewen
en toe laat staan het ...
| |