vuurklip Pa Pa I Pa II vervloë helde morgenzon ca 1950
| | | Pa II
Ek sien weer sy hande
by die opsteek van 'n sigaret,
sy greep op die hamer, sekuur
gerig op die klink.
Ek sien weer sy hande
die soldeerbout stuur
oor sinkgeute, voorberei
met klinknaels en soutsuur.
Ek sien sy hande
die soveelste glas skink.
Maar dis nou mý hande
wat om die glas vou,
en dis ék
wat die glase leeg drink.
Sondagaand 23 Junie 1996
| |