vuurklip Nostalgie uitkyk sederberg sleeppad Stiltes skemer ewige meeue spore tafelberg I tafelberg II Geologie Gister
| | |
tafelberg I
op 'n dag het die Berg
hom bloedig vererg
en sy skouers geruk
en so al die mure
en ander strukture
inmekaar gedruk
die kabels van staal
en elke kragpaal
uit die grond uit gepluk
en die stukke en brokke
met 'n paar laaste skokke
vêr in die see afgeskud
11 april 1988 |
 |
| |