vuurklip Nostalgie uitkyk sederberg sleeppad Stiltes skemer ewige meeue spore tafelberg I tafelberg II Geologie Gister
| | | ewige meeue
by mouillepunt se lighuis
wat uitkyk oor die see
staan op die yster skans
'n meeu wat eensaam skree
sy rug die kleur
van grysnat wolke
sy bors se skuimwit sneeu
versmelt in rumoerige golwe
ek kyk en kyk vir latenstyd
en al sal my beeld vervaag
sal golwe altyd slaan
die meeue steeds bly staan
by mouillepunt se lighuis
wat uitkyk oor die see
woensdagaand 18 julie 1998
| |