vuurklip

Nostalgie
   uitkyk
   sederberg sleeppad
   Stiltes
   skemer
   ewige meeue
   spore
   tafelberg I
   tafelberg II
   Geologie
   Gister

      

uitkyk

ek sit op "uitkyk" se stoep
en kyk uit
oor die sederbergvallei

'n bokmakierie roep
roep en fluit
antwoorde ketting
teen uilsgat op
by die naalde verby;
sterf uit by heuningvlei

flarde reënmis trek
uit teen die ou pas
op en oor die nek

môre moet ons ry kry
ons brood gaan verdien
wanneer sal ons weer
dié uitspanplek sien?

sondagaand 4 junie 1995


   
   

21-06-2025 06:50:01
page 104/ count: 159
function if_ShowPage_00
version: 2023-04-14 11:41:25