vuurklip

Politiek
   Deel 1f
   Deel 2f

      

Politiek Deel 2


'n man van 'n sekere faksie
se kleur is te lig, net 'n fraksie
    waar hy ook klop
    om te soek vir 'n jop
tjop hy af oor regstellende aksie!

21 februarie 1997


'n broertjie dood, het die boere-nasie
aan 'n sekere wiskundige operasie
    dit maak hulle moerig
    en o! so oproerig:
differensiasie ja! maar NOOIT integrasie!

28 februarie 1996



nou vra ons aan minister zuma
gee vir gesondheid meer woema
    ons dokters gaan weg
    maar kubane maak reg
dus ek kry nou vir my 'n sangoema!

 


'n jong bariton van orania
val van 'n hoë hyskrania
    hy beland toe wydsbeen
    op 'n muur van baksteen
en nou is die man 'n soprania

 



die leliewit klomp in orania
met hulle paranoia en hulle mania
    probeer vreeslik hard
    om te leef sonder swart
al woon hulle hier in azania

 


die vrome kerkman Alan Boesak
op wie al die aasvoëls nou toesak
    word gevra oor die geld
    en toe sê onse held:
"dis veilig hier boe in my boesak"

 



die boekhouer van alan boesak
sê nou dat die reg op hom toesak
    "dit was nie net ek nie
    wat al die geld trek nie
die skuld lê ook by baas boesak!"

 



boere van ons skone land
kom ons vat mekaar se hand
    hef aan, veg en wees gereed
    stry teen al die magte wreed
staan op vir die volk en vaderland (!!)

 

   
   

19-04-2024 02:35:39
page 34/2 count: 2
function if_ShowPage_00
version: 2023-04-14 11:41:25